Sasol Voëls van Suider-Afrika (PVC) – Vierde Uitgawe

R340.00

Description

Sasol Voëls van Suider-Afrika, die eerste keer in 1993 uitgegee, was nog altyd ’n topverkoper onder veldgidse. Hierdie vierde uitgawe is herskryf en aansienlik verbeter, wat verseker dat dit die streek se mees uitvoerig geïllustreerde en beproefde veldgids sal bly.
• Spesiebeskrywings is herskryf en sluit nou groepinleidings in.
• Plate is herontwerp vir maklike gebruik en vergelyking.
• Meer as 380 nuwe verbeterde illustrasies vervang vroeëres.
• Illustrasies het vereenvoudigde byskrifte, wat onderskeidende
kenmerke aanwys.
• Verspreidingskaarte is bygewerk en toon hoe volop ’n spesie
in die streek is en ook of dit ’n stand- of trekvoël is.
Ander hulpmiddels is kalenderbalke wat spesies se voorkoms en broeitye toon, ’n gedeelte oor ‘hoe om die boek te gebruik’, sowel as sonogramme wat die roepe weergee van moeilik uitkenbare voëls wat onderskeidende roepe het.

Posgeld binne Suid Afrika is ingesluit. Buitelandse posgeld sal op aanvraag verskaf word.

Also available in English

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sasol Voëls van Suider-Afrika (PVC) – Vierde Uitgawe”

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.